Pioniers Van Ons Geloof
R149.00
’n Greep uit die geskiedenis wat ons herinner aan die vasberandenheid, geloof en moed van vorige geslagte wat gehelp het om Suid-Afrika te bou. Dit sal jou inlig, motiveer en inspireer.
Hoe goed ken jou kinders en kleinkinders ons Afrikaanse geskiedenis?
Pioniers van ons Geloof is ’n greep uit die geskiedenis van die Afrikaner en vertel die verhale van geskiedkundige helde wat ook ’n sterk Christelike getuienis het. Lees onder meer oor Wolraad Woltemade, die Franse Hugenote, die Voortrekkers en Voortrekkerleiers, die Anglo-Boereoorlog en Emily Hobhouse.
Wie was die eeste sendelinge wat die Evangelie na die suidpunt van Afrika gebring het?
In hierdie boek kyk ons na vier sendelinge wat baanbrekerswerk vir die Koninkryk van God in Suid-Afrika en Afrika gedoen het. George Schmidt en Carl Hugo Gutsche is miskien name waarvan jy nog nooit gehoor het nie, maar dit is danksy hulle dat die Christendom hier kon wortelskiet. Ons bring ook hulde aan David Livingstone, die vriend van Afrika, asook aan ons eie Andrew Murray.
Geskiedkundige dorpe in ons land
Van die oudste en geskiedkundige dorpe in ons land is lankal vergete, maar die ryke geskiedenis van ons voorvaders is steeds te sien en opgesluit in talle van hierdie dorpies verspreid oor ons land.